Die verhale van
NP Barry

Kortverhale

Erin

Geskryf in Mei 2011 / Ongeveer 30 minute leestyd (6 194 woorde)

Ariël was veilig en gelukkig bo in die berge aan die voet van die hemel, en het niks meer begeer nie, of so het sy gedink. Werner Madison was moeg vir die leegheid en leuens wat in sy lewe was, en hy het die dood bo dit verkies.

Noodlot, neem geen begeertes in ag nie, maar dit bring nuwe begeertes, begeertes en paaie wat hulle wat geraak word nooit voorsien het nie.

Ariël en Werner se paaie moes nooit gekruis het nie, maar dit het, en dit bring alles wat hulle nooit geglo het hulle wil hê, of wat hulle sal kry nie, en wanneer hulle dit alles wil hê, vat dieselfde noodlot dit weg – kan hulle heel hier uit kom.

Lees

Erin

Geskryf in Junie 2013 / Ongeveer 40 minute leestyd (8 396 woorde)

Die geheime om Erin Taube, wie hy is in sy twee lewens, en wat hy is in al die ander mense se lewens, is wat Matt moet uitvind voordat almal se wêrelde ineenstort. Hy pak die saak aan soos wat hy en sy span altyd doen, maar die antwoorde wat hy kry, is alles behalwe wat hulle verwag het.

Matt gaan sien Karien Groene, hy weet van haar en Erin, en hy weet dat sy seer gaan kry, of Erin skuldig is, en of hy sterf, Karien Groene en hulle almal gaan daardie een mens verloor wat hulle lewens die moeite werd maak.

Karien Groene onthou die liefde tussen haar en Erin, en sy weier om te glo dat hy sal sterf, en sy bid.

Lees

'n Kwessie van klas

Geskryf in Julie 2017 / Ongeveer 10 minute leestyd (2 384 woorde)

Hulle het haar kind met geweld van haar weggeneem, en sy het agtien jaar geduldig gewag vir hierdie dag wanneer sy hom sal wegneem van hulle af.

Sy staan daar in die agtienjaar se beplande oomblik. Sy het geweet wat die emosie op die drie se gesigte sou wees, geweet wat sy sal sê, geweet hoe hierdie oomblik sal afspeel, hoe sy sal voel – sy sien die emosie, die skok, die vrees… dit is daar… maar meer as die vrees is daar vreugde, en sy weet nie wat sy gedink het sy sal voel nie.

Lees

Soos die val van die dobbelsteen

Geskryf in Junie 2015 / Ongeveer 1 uur leestyd (11 768 woorde)

Professor Dana Delft kyk na haarself – gestroop van die gemaak opgewektheid. Sy sien haarself soos sy is, en sy voel die vermoeienis van die geheim wat bonatuurlike intelligensie bring, die vrees en eensaamheid wat die wete van Kognitiewe Afwykings wat saam met fenomenale-genialiteit gaan, bring.

Niks hiervan het saak gemaak nie, totdat hy met daardie helder blou oë haar gedagtes oorgeneem het, en hulle begeerte na mekaar dit gebring het wat albei geweet het, nooit weer weg sal gaan nie – daardie passie wat haar, haar waaksaamheid laat verslap het, haar in dit wat sy bo alles gevrees het ingesit het.

Vyf jaar het sy in die brief gesê, indien hy kan wag vir haar, maar indien hy nie kon nie, sou sy verstaan, en hy begin die tyd afstap na haar vyf jaar toe, ongeag wat die vyf jaar se skeiding veroorsaak het.

Lees

Soeke

Geskryf in April 2010 / Ongeveer 25 minute leestyd (5 386 woorde)

Reza Ciske het deur haar lewe geglo dat sy emosieloos is, sy was die een op wie haar stiefouers, al die teorieë oor hoe om emosie te onderdruk, wat hulle in hulle boeke gepubliseer het, eers op haar getoets het. Sy het geglo dat sy so binne in haarself weggesteek was, dat sy haarself nie eers meer kon vind nie.

Nou, na daardie een enkele maand wat Jahn McMaster haar pasiënt was, weet sy, sy het emosies, sy kan ook voel, sy kan ook treur – en dit maak meer seer as enige iets ooit. Het sy hier in haar weemoed na die verlies van iemand so kosbaar, ’n verlange na ’n eie ma, daardie een mens wat haar weer heel kan maak.

Lees

Hoe diep die vreugde

Geskryf in November 1997 / Ongeveer 2 ure, 25 minute leestyd (28 435 woorde)

Marty Battle het na die verre Suide gekom, met die hoop om antwoorde te kry oor daardie familie, wat haar pa, Rastor Battle, nooit na verwys het nie, na ’n moeder wat nooit genoem was nie.

Nou is sy hier, in hierdie myndorp wat haar pa haat, en sy kan dit wat hulle sê, nie vereenselwig met die sterk Rastor Battle wat haar grootgemaak het nie. Sy neem haar voor om te probeer regmaak vir hom wat alles in haar lewe was, terwyl sy nie eers weet wat hy verkeerd gedoen het nie.

Sy beleef vir die eerste keer in haar lewe ’n intense aangetrokkenheid tot ’n vrou, wens sy dat sy tog ’n moeder iewers het, en die ou garde verjeug hulle in die vriendskap, en wag in spanning vir die oopmaak van die daad wat Rastor Battle dertig jaar gelede gepleeg het.

Wanneer Erhard Kruger, hy wat haar pa ’n moordenaar genoem het, haar aanraak, ondervind sy vir die eerste keer in haar lewe, geweld teen haar as mens, maar is dit ook Erhard Kruger se aanraking wat vir die eerste keer in haar lewe, ’n passie, en ’n hunkering na ’n man se aanraking in haar wakker maak, dit wat sy nie ken nie, dit wat haar in vrees laat vlug terug na die huis in die toegeysde berge.

Wanneer sy ’n jaar later die pakket, wat die bekende vreemdeling vir haar gee, se inhoud deur gelees het, weet sy dat sy terug sal gaan na daardie myndorp, al haat Erhard Kruger haar, want haar moeder is daar.

Lees

Boodskapper

Geskryf in Oktober 2010 / Ongeveer 1 uur, 20 minute leestyd (16 274 woorde)

Die dag wat Roscoe Somers van die FBI vir Professor Gertrudes Johannsen van die Instituut van Seismotegniek die verdoemende verslag gee, is die gevoel dat sy hierdie verslag voorheen gesien het, gelees het, in haar.

Dit vat haar terug na Oktober 2000, terug na daardie millisekonde beeld wat haar teister, terug na die vrees vir wat in Oktober 2000 met haar gebeur het, dit wat sy nie kan onthou nie, dalk nie wil onthou nie.

Sy weet, die verslagskrywer het iets te doen met haar, en dit wat haar uit haar wêreld geruk het in Oktober 2000, en sy wil met alles in haar die waarheid weet. Daarom gaan sy na daardie duisend vier honderd jaar oue kasteel in Aberdeenshire in Skotland, om te vind dit wat sy vergeet het, dit wat sy bo alles wil onthou.

Lees

Bande wat bind

Geskryf in Februarie 2005 / Ongeveer 20 minute leestyd (4 188 woorde)

Robert Connors het na die wit geysde wêreld gekom om Mats Ratzhorn te kom haal – in sy eie woorde, ‘‘lewend of dood’’, want hy is ’n verraaier. Hy het egter nie rekening gehou met haar wat haar tweeling broer tot aan die einde van sy lewe sou beskerm nie, Ren Ratzhorn, en haar metgesel, die ongenaakbare witheid van haar wêreld.

Hy leer hierdie mense, en die ongenaakbaarheid van hulle wêreld ken, en lief kry, herken hy die ekstase wat haar nabyheid in hom bring, maar ook die diepe verwydering wat tussen hulle lê – Mats Ratzhorn se lewe.

Wanneer sy weke later haar afskeid groet oor die lengte van die vertrek na hom wuif, weet hy, dat sy, sy lewe hierdie weke wat verby is verseker het, en vir die res van sy lewe in haar hande sal hou. Is die feit dat hy nog leef, en dat sy dit verseker het, daardie dun anker tou waaraan hy vashou, sodat hy ’n pad terug na haar sal kry.

Lees

Terug na die begin

Geskryf in Mei 2014 / Ongeveer 55 minute leestyd (10 990 woorde)

Vir Armind was die veilig hou van haar twee seuns, vlug, en nogmaals vlug. Tot die dag wat sy besef, dat sy wil bly waar sy nou is, veilig wil bly by die een wat die begin en einde van haar elke dag geword het. Die een wat sy nie deel van haar lewe se gemors wou maak nie.

Wanneer ‘‘hulle’’, haar vind, dwing dit haar terug na waar die ‘‘vlug’’ begin het, om te gaan doen wat dit vra om veilig te hou, wat nou haar hele lewe is, die seuns, en Mauro Jorge Lourenco, wat haar hart besit. Sy gaan terug na die berge in die koue, om te gaan uitwis wat haar hele lewe bedreig, en sy bid dat hy vir haar sal wag.

Lees

Die som van liefde

Geskryf in Mei 1997 / Ongeveer 35 minute leestyd (6 880 woorde)

Vir Dokter Tamar Checkzkova, was haar dae en nagte net werk, tot die dag wat die Böhmers met hulle blousel blou oë, en regop stokkies hare in haar lewe ingestap het.

Sy vra haarself die vraag, ‘‘Is sy, wie se jeug verby was voor sy ’n tiener was, in staat om liefde te gee, kan daar liefde en geluk in haar toekoms wees, kan sy die liefde gee wat die Böhmers vra’’.

Lees